Die huweliksvaas
deur God se eie hande gevorm
maar vul ek dit met
daisies, sonneblomme en madeliefies.
Sit God self
‘n blom saam met my in die vaas.
Een wat spesiaal gekweek is
in Sy eie tyd.
Gepluk van eie soort
om saam my in die vaas
met malse kleure te blom.
Waar God ons aan mekaar
bind met die lint van Sy Gees
Waar ons aan mekaar
en aan Hom getrou bly
met warm harte vol liefde.
Met die herinnering…
God nommer een in ons harte
nie die vlees van mekaar.
Dat dit Hy is wat ons
in liefde saamgebring het,
ons harte as een laat klop.
Waar daar lewe geskenk word
Deur die eenheid van ons wese
Sal hul laat groei
In Sy liefde en vrede.
Met die wete van ons werklike Vader
Wat vir ons sorg
Deur die loop van ons lewens.
Solank ons in Sy liefde en vrede leef
sal ons in oorvloed ontvang.
Dit is pragtig!!
By: meermin on September 15, 2009
at 3:00 nm